Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 10 JULIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL SPESIALE ALGEMENE VERGADERING

RF BESOEDELING DEUR SONPANELE

NUWE SWEEDSE INTREEVLAK SERTIFIKAAT

BHF STEEDS SPRINGLEWENDIG OP TALLE VOORTPLANTINGMODES

DIE HOOGSTE PIEK OP DIE LUG AKTIVERING TOT OP DATUM IN SUID AFRIKA

NUWE KARTS WEBTUISTE

en

HF VOORTPLANTINGVOORSPELLING

** Dokumentasie vir die Spesiale Algemene Vergadering op 30 Julie is nou beskikbaar onder die lede deel van die Liga webwerf www.sarl.org.za. Daar is ook ‘n skakel op die tuisblad.

Elektroniese stemme vir die nuwe Raad is nou ook oop en sal oop bly tot middernag op Vrydag 22 Julie. Die adres vir die stem stelsel is www.sarl.org.za/Web3/CouncilElection/, waar jy ook die CVs van al die kandidate sal vind.

** Die Nederland nasionale amateurradio vereniging, VERON, berig oor die besoedelingsprobleme wat veroorsaak word deur sonpanele wat op huise geïnstalleer is. Elektriese stelsels soos sonpaneel installasies moet voldoen aan EMC (elektromagnetiese versoenbaarheid) standaarde. Dit beteken dat daar 'n beperking op die elektromagnetiese velde (EMV) wat 'n elektriese stelsel, soos die kombinasie van sonpaneel en omsetter insluitende kabels kan uitstraal. Maar 'n 2014 studie in 14 Europese lande deur die EMC Administratiewe Samewerking Werkgroep het gevind dat hierdie emissie limiet meer dikwels as nie oorskry word.

Lees die volledige storie in Google Engels by http://tinyurl.com/VERON-Solar-Panel-Pollution

** Swede se nasionale vereniging, SSA, berig dat die idee van 'n nuwe Intreevlak Amateur Radio sertifikaat goed ontvang is by Ham Radio in Friedrichshafen. Op hul webtuiste sê die SSA dat Anders Larsson, SM6CNN, die idee van 'n nuwe, verenigde sertifisering klas vir beginners op 'n informele vergadering, georganiseer deur IARU Streek 1, aangebied het. Die SSA dui aan dat die idee met algemene waardering deur die deelnemers aanvaar is. Die Sweedse Vereniging hoop dat die saak op 'n toekomstige IARU Streek 1 konferensie hanteer sal word.

** Alhoewel F2 voortplanting op 50 MHz nou iets van die verlede is, is BHF steeds springlewendig op talle ander voortplantingmodes. Byvoorbeeld 13 ander voortplantingmodes kan steeds op die 50 MHz, die Tower Band, tydens hierdie periode waargeneem word, wat insluit Troposferiese, Sporadiese-E, Meteoor Verstrooïng, TEP, Vliegtuig Verstrooïng, SSSP, EME ens. Daar is ook 13 verskillende voortplantingmodes teenwoordig op 144 MHz, die Tropo Band, wat uitstekende resultate oplewer op Tropo Verstrooïng, Verbetering en Geleiding, waar die laasgenoemde duisende kilometer oor die see kan reik. Dit sluit ook Vliegtuig Verstrooïng, TEP, Satelliet, EME ens. in.

Al wat nodig is, is omtrent 100 Watt uitsetkrag en ten minste ‘n tien element Yagi antenna wat horisontaal gepolariseer is. FR5DN op Reunion Eiland is al met omtrent 100 Watt gewerk vanaf Port Elizabeth op Digitaal and ESB oor ‘n afstand van bykans 3250 km deur onderskeidelik ZS2ACP en ZS2BK. So daar is geen rede waarom Kaapstad nie kontak met ZD7VC op St. Helena Eiland kan bewerkstellig nie met dieselfde krag wanneer hy later hierdie jaar op 144 MHz aktief word. Probeer dit gerus, want hierdie is regte amateurradio baanbrekerwerk en moenie die lande bokant ons noordelike grens vergeet nie.

** Tussen 7 en 10 April 2016 het Andrew, ZS2G, en Mandy, ZS2AV, Mafadi geklim en geaktiveer. Mafadi op 3 450 meter, is die hoogste punt in Suid-Afrika. Jy kan meer lees en die foto's sien in die Augustus uitgawe van Radio ZS.

Die sluitingsdatum vir jou artikel vir die Augustus 2016 uitgawe van Radio ZS is Maandag 25 Julie 2016. Stuur dit aan radiozs@sarl.org.za

** Die Winter QRP kompetisie is op die lug vanaf 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 16 Julie 2016 met gelykgolf en foon aktiwiteit met 5 watt of minder. Die eerste uur is beperk tot slegs die 40 m-band, die oorblywende twee uur mag deelnemers enige HF (nie-WARC) band gebruik soos hulle goed dink.

Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en jou ruit verwysing - versamel ruitblokke vir jou WAGS toekenning. Stuur jou logstaat in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein QRP Kompetisie", aan contest@sarl.org.za teen 24 Julie 2016.

Om nog tot die pret by te voeg is daar ook 'n RaDAR Uitdaging op Saterdag 16 Julie - dit is vier ure van die werking in die 24-uur venster van 16 Julie. Besoek www.n4kgl.info of die RaDAR Facebook bladsy vir al die inligting.

** Tot op hede het die Suid-Afrikaanse Radioliga reeds 906 lede vir die boekjaar 2016/2017. Twee-en-twintig klubs het hul affiliasie hernu. Ledegeld is betaalbaar op 30 Junie, maar die databasis sal slegs aan die einde van Augustus skoongemaak word. As jy in paaiemente wil betaal, reël asseblief met die Liga kantoor.

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
ZS6SLK Shane Clark
ZSL1166 Carl du Preez
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

** Die Kemptonpark Amateur Radio Tegniese Vereniging (KARTS), ZS6KTS, het hul nuwe webtuiste bekend gestel.

Ons nooi alle amateurs uit om die webtuiste te besoek en enige tegniese of amateurradio-verwante onderwerpe op die nuwe forum te bespreek of om ons snuffelmark te besoek.

KARTS sal binnekort ‘n reeks tuisbou stelle vir die amateur of elektronika selfdoen entoesiaste bekend stel. Wees op die uitkyk vir die stelle op ons webtuiste vir meer inligting en die bestel prosedure!

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 9 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20m band verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

9 en 10 Julie - die IARU HF Kampioenskappe
10 Julie - die SARL Jeug Net
16 Julie - die Winter QRP Wedstryd
16 tot 23 Julie - die IARU Streek 1 Somer Jeug Kamp in Oostenryk
24 Julie - die ZS2 Naelloop
30 Julie – Suid Afrikaanse Radioliga Spesiale Algemene Vergadering
30 Julie – Centurion Amateurradio Klub 41ste Herdenking
30 en 31 Julie – RSGB IOTA Wedstryd

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Dokumentasie vir die Spesiale Algemene Vergadering op 30 Julie is nou beskikbaar onder die lede deel van die Liga webwerf www.sarl.org.za. Daar is ook ‘n skakel op die tuisblad.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003